Anderkant Die Afrika Horison

Anderkant Die Afrika Horison (Kobus Prinsloo)
R430,00 incl VAT

Product description

Anderkant Die Afrika Horison is ‘n versameling van jagverhale wat so gekies is dat dit die diep belewenisse van die gebeure van hom en sy kliënte reflekteer. Elke verhaal is noukeurig gekies om die ware gees van etiese jag te reflekteer, en om te onthul wat in die koppe en harte van ware jagters gebeur tydens die “chase” en wanneer hy by sy prooi kniel – gedagtes en emosies waaroor hy selde sal praat en dikwels nie eens teenoor homself sal erken nie.
Die skrywer onthul dat jag vir die ware jagter nie so seer ‘n sport is nie, maar ‘n diep belewenis van die sin van lewe en die kompleksiteit van die Skepping en van die mens se verantwoordelikheid om dit reg te gebruik.
Die boek is ‘n ontsaglike leerboek. Voornemende professionele jagters kan daarin net soveel leer as op ‘n jagskoolkursus. Die rede daarvoor is dat die skrywer elke verhaal inkleur met ontsaglik baie detail oor hoe hy te werk gegaan het om die jag suksesvol te maak.
Elke verhaal wat in die boek beskryf word bevat die leerdimensie van ‘n professionele jagter wat nie net suksesvol gejag het nie, maar diep nagedink het oor wat hy doen en waarom hy sekere dinge doen en ander dinge nie doen nie.
Die boek is eintlik ‘n jagskool in een volume. Lees dit as jy ‘n beter jagter wil word en dink diep na oor wat jy lees.


Products specifications
CategoryBiography & Memoirs
AuthorKobus Prinsloo
Book DetailsPaperback / 420 Pages / Colour Black & White Text / White Bond Paper
Size 228 x 152mm
Product tags