Lala en Sampie se Hoogs Geheime Sending (Tessa De Bruyn)
Product description
Lala Liewenheersbesie en Sampie Slak het nog nooit heeltemal ingepas nie...maar wanneer 'n Groot, Hoogs Geheime, Sending roep, span die hoogs, onwaarskynlike duo saam vir 'n onvergeetlike avontuur wat alles verander! Terwyl hulle 'n moeilike reis met uitdagings om elke hoek en draai aandurf, ontdek hulle dat om anders te wees eintlik hul grootste sterkpunt is. Die groot vraag bly: Sal hulle slaag?
Of sal die sending se geheime vir altyd verlore gaan?
'n Bemoedigende verhaal van moed, vriendskap en die wonder daarvan om jou eue menswees te omhels.