Tommie

Tommie (André van Ellinckhuyzen)
R300,00 incl VAT

Product description

Realiteit, fiksie en nostalgie wat deur die skrywer ineen geweef is tot ‘n heerlike lees ondervinding.

Hier volg die verhaal van Tommie Ferreira, die mense en die gebeure van sy tyd.

Grootword op die plaas. Die lewe van ‘n koshuiskind en skoolgaan op die sorgelose platteland in daardie jare tussen die oorloë. Die droom van ‘n Boerseun wat eendag, wanneer hy groot is, die vlieënier van ‘n vegvliegtuig wil wees.

‘n Eerste liefde. Die versoekings en konfrontasie met die realiteite van die grootmens se wêreld. Die taaiheid van militêre opleiding, waar daar van jou ‘n man gemaak word. Al is jy net 17 of 18 jaar oud.

Die euforie van daardie eerste solo vlug in die Tiger Moth en die Fairey Battle.

‘n Skeepvaart op die Indiese Oseaan, om Afrika se Ooskus. Die belewenis van ‘n oorlog in Oos-Afrika. ‘n Ontmoeting met die mense, die taal, die kultuur, geurige disse en smaaklike drankies van ‘n ander wêreld.

Hegte vriendskappe en kameraadskap wat gevorm word. Die finaliteit van die dood en die verwoestende uitwerking daarvan.

Laastens, ‘n onverwagse nalatenskap.

Products specifications
CategoryFiction
AuthorAndré van Ellinckhuyzen
ISBN9780639843780
Size 210 x 148mm
LanguageEnglish
Product tags