Koning Felix

Koning Felix (Lydia du Toit)
R138,00 incl VAT

Product description

Koning Felix word een oggend opgewonde wakker na 'n droom
wat hy gehad het oor 'n feesmaal en 'n raaisel.
Hy het dadelik sy vrou en al die mense in sy koninkryk betrek om die raaisel te help oplos. Die mense is ook genooi om by hom en die Koningin by die Groot Banket, aan te sluit.

Hulle het die grootste feesmaal voorberei wat jy jou kan voorstel, maar niemand kon ingaan voordat hulle die raaisel opgelos het nie.

Wat was hierdie raaisel dan? Slegs die heel beste kon die hekke na die fees toe oopmaak.

Die deelnemers het toe begin aankom, van die vinnigste tot die stadigste, die grootste tot die kleinste. Almal het begeer om die heel beste te wees. Maar helaas, die Koning het 'n boek van Sterre gehad en daarin was elke gebeurtenis opgeteken, van absoluut wonderlik tot minder wonderlik.

So moes die gretige deelnemers teleurgesteld, een na die ander,  omdraai want daar was altyd iemand anders beter, vinniger en groter.

Maar o, dit was so 'n vreugdevolle dag toe 'n jong seun by die kasteel se hekke aankom en beweer dat hy die raaisel opgelos het en wat hy inderdaad, gedoen het.
 
Jonagold het een van die grootste geheime in die lewe ontdek!


Products specifications
CategoryReligion
AuthorLydia du Toit
ISBN9780992230234
Book DetailsPaperback / 26 pages / 150gsm Coated Gloss
Size 200 x 200 mm
LanguageAfrikaans
Product tags