Beertjie en die Spieel (Lydia du Toit)
Product description
n Klein beertjie, wat aan verskriklike vrees ly, vind 'n omgee-vriend in 'n eekhoring - die eekhoring vra dan wyse Mej. Uil vir raad.
Sy blaai deur haar biblioteek van boeke en boekrolle totdat sy vind dat, “Daar is net een rede vir gebrabbel, gebewe, gewieg en gewaggel van vreeslike Koue lees sy in haar groot, vet boek van Wysheidsjagters. “Hierdie koue is nie buite nie maar binne en is 'n groot, groot probleem as dit nie genees word nie! Dit sal jou oë snaakse
dinge laat sien en jou ore snaakse geluide laat hoor en jou maag in snaakse kringe laat draai – inderdaad 'n verskriklike toestand!”
Mev. Uil wonder by haarself, “As die koue binne is en nie buite nie, hoe kan ek wat in is, uitkry?”
“Ek het die antwoord!” skree Uil met groot vreugde. “Die koue moet uitkom op net soos dit ingekom het!”
“Die gedagtes in ons koppe word die woorde in ons monde en verander dan in die deure wat inhou en uithou!!”
“Jy sien, Eekhoring, ons gedagtes is baie kragtig. Die gedagtes in ons koppe is die geheime plek waar al die wonders van die aarde gestoor, omgewoel, gemaal en gemaak word. Maar daar kan ons ook donker gedagtes en leuens vashou. Daardie gedagtes verander in woorde, hetsy goeie of slegte! Ons moet die geheim ken van hoe om die goeie gedagtes toe te sluit en van die slegte ontslae te laat raak - net soos lig moeiteloos van die duisternis ontslae raak!
Lig is sterker as duisternis. God se Spieël is Sy gedagtes oor ons; dis die sleutel!
“Dis 'n magiese Spieël,” antwoord Eekhoring opgewonde. “Dit laat jou die waarheid sien wat die deur oopsluit om die babbelende, sidderende, kwetterende, skuddende koue uit te laat. Wyse uil het gesê dat die koue net kan uitkom soos dit ingekom het!”
So Klein Beer, neem hierdie Spieël. Kyk diep daarin.”
Eekhoring het met gretige nuuskierigheid gewag, “Sê vir my, wat sien jy?”
Klein Beer het die Spieël geneem en diep daarin gestaar. Hoe meer hy gekyk het, hoe breër het sy glimlag oor sy groot beerbek gesprei.
“Ek sien myself,” het Klein Beer gesê.