Die Arend Storie

Die Arend Storie (Lydia du Toit)
R115,00 incl VAT

Product description

Tydens ons wittebrood in Januarie 1979 in die Bourke's Luck-gebied in Mpumalanga, Suid-Afrika, het ek en Lydia 'n natuurbewaringsbeampte ontmoet wat ons die merkwaardige storie vertel het van hoe hulle 'n swartarend vrygelaat het. Hierdie arend was vir tien jaar in Tswane se dieretuin. Dit het net 'n week voor ons besoek gebeur.

Sy het ons vertel hoe opgewonde hulle was toe die voël uiteindelik van Pretoria af in sy houtkrat aangekom het. Hulle het geweet dat dit die dag was vir die arend om terug te keer na die lewe en die omgewing van sy ontwerp as arend. Hy sou nooit weer 'n dag hoef te sit en vergaan in die beperktheid van 'n hok nie!

 
Hul opgewondenheid het gou in frustrasie verander toe die voël, nadat hulle die hok oopgemaak het, net daar met leë oë gesit het en geweier het om te vlieg!
Dit het vir etlike ure aangehou. Die tien jaar van hok-lewe moes hierdie arme voël se gedagtes in 'n onsigbare omheining vasgevang het!


Hoe kon hulle die arend laat besef dat hy inderdaad, vry was om te vlieg?


Products specifications
CategoryReligion
AuthorLydia du Toit
Book DetailsPaperback / 24 pages / 150gsm Coated Gloss
Size 200 x 200 mm
LanguageAfrikaans
Product tags